4,8%
Algehele vragvolumes in Suid-Afrika was in Februarie 4,8% laer as ’n jaar tevore. Dit is kleiner as die 5,1%-daling in Januarie vanjaar. Dié effense herstel is waarskynlik vanweë vooruit-aankope weens vrese oor Covid-19. Vragvolumes wat deur pyplyne vervoer is, het in Februarie met 2,5% gestyg teenoor ’n jaar tevore. Volumes wat per pad vervoer is, het met 8,8% gedaal teenoor die ooreenstemmende tydperk. Opgebergde voorraadvolumes toon ’n styging van 0,8% vanjaar teenoor ’n daling van 8% in 2019. – Ctrack
30
Volgens die verbruikerskommissie en die mededingingskommissie is ondersoeke na 30 maatskappye begin vir buitensporige kleinhandelpryse, onder meer vir handreinigers, gesigmaskers, ontsmettingsmiddels en toiletpapier. Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het reguleerders vroeër gevra om die pryse van 22 produkte te monitor. Ondernemings wat die regulasies oortree,…