DIE Paternoster-groep, ’n risiko-konsultantegroep, waarsku dat die regering se aanvanklik uitstekende reaksie op die Covid-19-pandemie gevaar loop om geloofwaardigheid te verloor deur sy irrasionele standpunte oor sommige aangeleenthede. Daar moet ’n direkte en proporsionele verband wees tussen bestrydingsmaatreëls en die doelwit daarvan, en daardie verband moet na wense aan die publiek verduidelik word. Anders sal die regering dit in die hof moet verduidelik.
Dit sou ’n oorvereenvoudiging wees, en onakkuraat, dat een of ander “terugvegfaksie” pres. Cyril Ramaphosa wil verswak. Dit gaan meer oor verskille in beleidsbenaderings betreffende die mate van regeringsbetrokkenheid in die reaksie op ’n gesondheidskrisis, en die gewig wat ekonomiese oorwegings dra.
Me. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake en ’n veteraan-tabakstryder, het beduidende magte ingevolge die Wet op Rampbestuur – en sy…