INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,2%, of $0,25/t (R4,50/t), tot $125,82/t (R2 263/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 17,7%, of $26,96/t (R485,00/t), laer. Verwagte pryse: Julie – $124,95/t (R2 248/t), September – $126,84/t (R2 282/t), Desember – $130,55/t (R2 349/t), Maart ’21 – $135,51/t (R2 438/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 8,1%, of R215/t, tot R2 875/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,5%, of R12/t, tot R2 665/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 7,3%, of R195/t, duurder, terwyl geelmielies 0,9%, of R24/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: September – R2 460/t, Desember – R2 556/t, Maart ’21 – R2 580/t. Verwagte geelmieliepryse: September – R2 595/t, Desember – R2 680/t, Maart ’21 – R2 705/t.
INTERNASIONAAL: Die…