INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,6%, of $2,06/t (R34,11/t), tot $129,07/t (R2 137/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 22,7%, of $37,90/t (R627,56/t) laer. Verwagte pryse: September – $128,73/t (R2 132/t), Desember – $132,12/t (R2 188/t), Maart – $136,61/t (R2 262/t), Mei – $139,36/t (R2 308/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3%, of R78/t, tot R2 640/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 1,5%, of R39/t, tot R2 681/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 8%, of R230/t, goedkoper, terwyl geelmielies 3,5%, of R97/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Sept. – R2 615/t, Des. – R2 695/t, Mrt. – R2 718/t, Mei – R2 651/t. Verwagte geelmieliepryse: Sept. – R2 718/t, Des. – R2 795/t, Mrt. – R2 806/t, Mei…