INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,9%, of $3,73/t (R62,95/t), tot $132,21/t (R2 231/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 6,6%, of $9,29/t (R156,78/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $141,73/t (R2 392/t), Maart – $145,51/t (R2 456/t), Mei – $148,02/t (R2 498/t), Julie – $149,60/t (R2 525/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,6%, of R48/t, tot R3 076/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 3%, of R89/t, tot R3 061/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 11%, of R305/t, duurder, terwyl geelmielies 15,1%, of R401/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R3 102/t, Mrt. – R3 076/t, Mei – R2 862/t, Julie – R2 837/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R3 124/t, Mrt. – R3 082/t, Mei – R2 860/t, Julie…