TV-PROGRAM VIR DIE NUWE GESLAG
Angie Khumalo, Metro FM-omroeper en beginnerboer, is die aanbieder van die nuwe TV-program African Farming, wat op Donderdag 1 Oktober op die kanaal Mzansi Wethu (DStv-kanaal 163) begin, en elke Donderdag om 18:30 uitgesaai word. African Farming vertel die suksesverhale van die land se nuwe geslag kommersiële, swart boere en gee ook raad oor die moets en moenies aan nuwe toetreders tot die landbou. ’n Webwerf, sosialemediaplatforms en ’n maandelikse tydskrif met dieselfde naam is ook van Oktober af beskikbaar. Dié platforms is geskep deur Landbouweekblad en Brand Republic met die ondersteuning van John Deere, Elanco, Afgri, Corteva, Pannar en Pioneer.
‘BOERE ÍS KOSBAAR’
Adj.pres. David Mabuza het ’n beroep gedoen dat Suid-Afrikaners die waarde van boere en plaaswerkers insien ná die wrede moord op…