BFAP het ’n ontleding gedoen van die soort voedselprodukte waarop onderskeidelik die lae-, middel- en hoë-inkomstegroepe hul geld bestee en watter persentasie van hul kosbegroting aan die produk bestee word. Dit blyk duidelik hieruit dat welvarende verbruikers nie net ’n groter verskeidenheid kossoorte eet nie, maar ook meer rooivleis kan bekostig.
■ Lae-inkomste. Hoendervleis (13,5%), mieliemeel (11,4%), bruinbrood (7,8%), beesvleis (4,7%), rys (4,7%), suiker (4,4%), witbrood (3,4%), eetbare olies (3,4%), melk (2,9%) en aartappels (2,8%).
■ Middelinkomste. Hoendervleis (13%), beesvleis (8%), mieliemeel (6,4%), bruinbrood (6%), witbrood (4,1%), melk (3,9%), rys (3,4%), suiker (3,3%), eetbare olie (2,4%), eiers (2,3%).
■ Hoë-inkomste. Beesvleis (11,2%), hoendervleis (8,6%), melk (5,2%), skaapen lamsvleis (3,1%), voedsel met ’n hoë suikerinhoud (3,1%), bruinbrood (3%), vis (2,9%), witbrood (2,6%), kaas (2,4%) en varkvleis (2,1%).…