INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 19,2%, of $26,50/t(R433,89/t), tot $164,50/t (R2 693/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 13,5%, of $19,53/t (R319,77/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $148,89/t (R2 438/t), Maart – $152,59/t (R2 498/t), Mei – $154,56/t (R2 531/t), Julie – $155,66/t (R2 549/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,7%, of R57/t, tot R3 322/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,7%, of R21/t, tot R3 201/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 17,4%, of R492/t, duurder, terwyl geelmielies 18,8%, of R506/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 228/t, Mei – R2 900/t, Julie – R2 850/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R3 222/t, Maart – R3 185/t, Mei – R2 850/t, Julie – R2 839/t.
INTERNASIONAAL: Die…