INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3%, of $4,53/t (R74,94/t), tot $155,52/t (R2 573/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 0,03%, of $0,04/t (R0,66/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $158,42/t (R2 621/t), Maart – $160,31/t (R2 652/t), Mei – $161,09/t (R2 665/t), Julie – $161,09/t (R2 665/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 7,1%, of R246/t, tot R3 726/t, teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 5,2%, of R176/t, tot R3 554/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 26,6%, of R784/t, duurder, terwyl geelmielies 25,1%, of R714/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R3 681/t, Mrt. – R3 626/t, Mei – R3 176/t, Jul. – R3 092/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R3 599/t, Mrt. – R3 555/t, Mei – R3 170/t, Jul.…