VERBRUIKERS het in die derde kwartaal van vanjaar klaarblyklik steeds meer tuis kos gemaak, al het die voedseldienstesektor begin herstel.
Die Libstar-groep se produkverkope aan die klein- en groothandel was in dié tydperk 26,6% meer as ’n jaar gelede. Die groep skryf dit hoofsaaklik toe aan voortgesette sterk kleinhandelvraag, aangedryf deur tuisverbruik.
Libstar sê in ’n handelsverklaring op die JSE se Sens-nuusdiens produkte wat goed verkoop het, sluit in pasta, maaltydbestanddele, asyn, heuning, souse en sop, gebakte goedere, beskuit en bakhulpmiddels.
Danksy beter toestande in ha-wens het sy uitvoerverkope in die derde kwartaal ook beter gevaar as in die tweede kwartaal.
In die voedseldienstesektor, waar Libstar ’n reeks vleis- en kaasprodukte, tortillas, smaakmiddels en voedselverpakking verkoop, was verkope in die derde kwartaal 13,6% laer as ’n jaar tevore. Dit was…