INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,3%, of $0,55/t(R8,94/t), tot $161,61/t (R2 628/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 6,1%, of $9,24/t (R150,26/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $156,45/t (R2 544/t), Maart – $158,34/t (R2 575/t), Mei – $159,60/t (R2 595/t), Julie – $159,84/t (R2 599/t. PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 4,3%, of R162/t, tot R3 598/t, teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 2,9%, of R104/t, tot R3 506/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 29%, of R808/t, duurder, terwyl geelmielies 27,3%, of R752/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R3 582/t, Mrt. – R3 550/t, Mei – R3 030/t, Jul. – R2 960/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R3 524/t, Maart – R3 490/t, Mei – R3 077/t, Julie –…