Besnoeiings aan openbare dienste in 2021 sal die oë laat traan en kan uiters belangrike programme soos opvoeding benadeel, waarsku mnr. Michael Sachs, adjunkvoorsitter van die finansiële en fiskale kommissie.
Dié voormalige hoof van die begrotingskantoor van die tesourie het op ’n parlementêre komiteesitting beklemtoon sonder beleid wat uitstippel hoe dié besnoeiings neerslag sal vind in departemente se bestedingsplanne, sal Suid-Afrikaners wat die swaarste op openbare dienste steun, die ergste geraak word deur begrotingsbesnoeiings. “Hierdie tipe besnoeiings waar die nominale vlak van besteding daal, is ongehoord. Dit het nog nooit vantevore in Suid-Afrika gebeur nie.”
Die departement van binnelandse sake se begroting sal volgende jaar na verwagting met 13,5% besnoei word, verdediging met 9,3%, wetgewende en uitvoerende dienste, wat die parlement insluit, met 3,8%, maatskaplike ontwikkeling met 1%, polisiëring met…