INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,6%, of $4,03/t(R62,74/t), tot $162,39/t (R2 528/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 9,8%, of $14,46/t (R225,12/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $161,09/t (R2 508/t), Maart – $164,56/t (R2 562/t), Mei – $166,37/t (R2 590/t), Julie – $167,32/t (R2 605/t). PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 4,7%, of R157/t, tot R3 517/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 2,3%, of R77/t, tot R3 415/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 27,9%, of R767/t, duurder, terwyl geelmielies 28%, of R748/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R3 515/t, Mrt. – R3 488/t, Mei – R3 037/t, Jul. – R2 953/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R3 435/t, Mrt. – R3 410/t, Mei – R3 035/t, Jul. –…