INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,4%, of $2,24/t (R34,48/t), tot $164,62/t (R2 534/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 13,4%, of $19,45/t (R299,40/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $166,37/t (R2 561/t), Maart – $168,50/t (R2 594/t), Mei – $169,44/t (R2 608/t), Julie – $169,44/t (R2 608/t). PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3,2%, of R111/t, tot R3 406/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,9%, of R30/t, tot R3 385/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 26,1%, of R704/t, duurder, terwyl geelmielies 27,7%, of R734/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R3 411/t, Mrt. – R3 415/t, Mei – R3 030/t, Jul. – R2 959/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R3 383/t, Mrt. – R3 384/t, Mei – R3 016/t, Jul.…
