DIE drie moordenaars wat in Augustus verlede jaar mnr. Ruben Gouws (65), ’n boer en afgetrede skoolhoof, en sy ma, Hermien (88), op die plaas Pinevale op Ida in die Noordoos-Kaap om die lewe gebring het, is swaar vonnisse opgelê.
Mnre. Sipho Zweni (23), Siphosetu Matoni (25) en Lusindiso Mbekeni (20) is verlede week in die hooggeregshof in Grahamstad almal dubbele lewenslange tronkstraf opgelê.
Benewens die straf is Zweni tot ’n bykomende 45 jaar gevonnis, Mbekeni tot 25 jaar en Matoni tot 15 jaar. Die bykomende straf spruit uit hul skuldigbevinding aan roof, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en die rig van ’n vuurwapen.
Die drie veroordeelde moordenaars, van wie twee Gouws se leerlinge aan die Hoërskool Ida was, het hom laatmiddag by sy agterdeur in die…