INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 6%, of $10,88/t (R164,12/t), tot $192,74/t (R2 907/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 27,4%, of $41,41/t (R624,64/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $195,66/t (R2 951/t), Mei – $195,90/t (R2 943/t), Julie – $194,72/t (R2 937/t), September – $179,36/t (R2 706/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 7,0%, of R240/t, tot R3 660/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 10%, of R332/t, tot R3 656/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 39,7%, of R1 040/t, duurder, terwyl geelmielies 41,2%, of R1 066/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R3 600/t, Mei – R3 095/t, Jul. – R3 040/t, Sept. – R3 090/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R3 592/t, Mei – R3 185/t, Jul. – R3 159/t, Sept. – R3…
