INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,2%, of $2,24/t (R33,11/t), tot $217,39/t (R3 213/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 48,3%, of $70,75/t (R1 045,70/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $219,04/t (R3 237/t), Mei – $216,13/t (R3 194/t), Julie – $211,17/t (R3 121/t), September – $192,98/t (R2 852/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,7%, of R22/t, tot R3 240/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies is onveranderd op R3 326/t. Op ’n jaargrondslag is witmielies 28,2%, of R712/t, duurder, terwyl geelmielies 36,2%, of R884/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 211/t, Mei – R3 136/t, Julie – R3 110/t, September – R3 163/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 309/t, Mei – R3 249/t, Julie – R3 220/t, September – R3 276/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het…
