INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3%, of $11,30/t (R161,77/t) tot $232,49/t (R3 327/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 76%, of $102,62/t (R1 468,56/t), hoër. Verwagte pryse: Mei – $232,49/t (R3 327/t), Julie – $228,72/t (R3 273/t), September – $211,74/t (R3 030/t), Desember – $207,27/t (R2 966/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,18%, of R37/t, tot R3 103/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 1,88%, of R62/t, tot R3 238/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 14,93%, of R403/t, duurder, terwyl geelmielies 15%, of R423/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R3 102/t, Jul. – R3 120/t, Sept. – R3 176/t, Des. – R3 254/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R3 232/t, Jul. – R3 244/t, Sept. – R3 300/t, Des. – R3 369/t.…
