30%
Geenbewerking stel 30% minder kweekhuisgasse vry as tradisionele bewerkingsmetodes, toon ’n Britse studie van die Universiteit van Nottingham. Plase wat die langste dié praktyk volg — sowat 15 jaar — toon die grootste verminderings in kweekhuisgasvrystellings. Die navorsers sê geenbewerking kan aanvanklik tot laer opbrengste lei as saad moeilik in harder grond met minder suurstof ontkiem, maar erdwurms en wortelstelsels kan later die natuurlike grondstruktuur herstel. – The Conversation
70
Suid-Afrika het 70ste uit 104 lande gekom in ’n nuwe indeks oor goeie regering, die Chandler Good Government Index. Die indeks rangskik lande volgens regerings se vermoëns en uitkomste. Suid-Afrika was 104de in die afdeling vir persoonlike veiligheid, 103de vir inkomstegelykheid, en 100ste vir gesondheid. Wat Afrikalande suid van die Sahara betref, was Mauritius eerste, Rwanda tweede, Botswana derde,…