PLAASINLIGTING
LIGGING: Hopetown
NAAM: Zandraaiboerdery
EIENAARSKAP: Maatskappy
VERTAKKINGS: Mielies, springmielies, koring, gars, Damaras, kleinveeveilingslokaal, wild, ekotoerisme met wildkyksafari’s, fotografie en kunsaashengel, ’n plaasgastehuis en konferensiegeriewe
GRONDTIPE: Clovelly
VELDTIPE: Karootipe
GEMIDDELDE REËNVAL: 250 mm per jaar
KORTOM
■ Die verbouing van springmielies is winsgewend omdat dit minder water en produksiemiddele verg en hoë pryse in die buiteland behaal.
■ Alle gewasse word onder spilpuntstelsels verbou om die risiko van oesverliese vanweë droogtes te pypkan.
■ Ekotoerisme bring ’n ekstra inkomste in en versprei risiko’s nóg verder.
Daar word altyd gesê ’n boer se geld kan nog opraak, maar nie sy planne nie. Mnr. Frank Blumenthal van Hopetown en sy seuns neem hierdie gesegde duidelik ernstig op.
Die jongste pyl in hul boerderykoker is die toediening van mikro-elemente, melasse en spore van…