INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,9% tot $214,54/t (R3 209/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 62,3% hoër. Verwagte pryse: Des. – $217,86/t (R3 259/t), Mrt. – R220,46/t (R3 298/t), Mei – $221,88/t (R3 319/t), Jul. – $220,93/t (R3 305/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3,2% tot R3 189/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 2,6% tot R3 376/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 3,7%, of R113/t, duurder, terwyl geelmielies 10,3%, of R315/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R3 294/t, Mei – R3 225/t, Jul. – R3 221/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R3 418/t, Mei – R3 276/t, Jul. – R3 280/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,6% tot $263,69/t (R3 945/t), teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is…