OP dieselfde dag dat Suid-Afrika internasionaal geskiedenis gemaak het met ’n klimaatsfinansieringsooreenkoms van $8,5 miljard (sowat R130 miljard), het ’n klein groepie uitvoerende hoofde, tesame met mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, die energieraad van Suid-Afrika bekend gestel. Dit het min media-aandag gekry.
Die raad noem homself die “kollektiewe verenigde stem van energie”, wat vreemd is omdat sy stigterslede bestaan uit onder meer vier fossielbrandstofmaatskappye (Sasol, Eskom, Exxaro en TotalEnergies). Die voorsitter is mnr. Fleetwood Grobler, uitvoerende hoof van Sasol, Afrika se grootste fossielbrandstofmaatskappy. Die raad se adres is Sasol se hoofkantoor in Sandton.
Grobler sê die gebrek aan verteenwoordiging uit die hernubare energiesektor is omdat daar nog nie tyd was om persone uit dié sektor by die raad te betrek nie. Hulle wou die raad aan…