INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,1% tot $235,71/t (R3 645/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 16,8% hoër. Verwagte pryse: Maart –$235,42/t (R3 641/t), Mei – $235,58/t (R3 643/t), Julie – $234,24/t (R3 623/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 4,4% tot R3 619/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 5,3% tot R3 720/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 1,4%, of R49/t, duurder, terwyl geelmielies 3,8%, of R135/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 557/t, Mei – R3 490/t, Julie – R3 466/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 690/t, Mei – R3 558/t, Julie – R3 530/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,4%, of $0,97/t (R15,00/t), tot $278,87/t (R4 313/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 15,8%, of…