INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,4%, of $4,21/t (R61,49/t), tot $292,52/t (R4 273/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 35%, of $75,76/t (R1 107/t) hoër. Verwagte pryse: Mei – $288,65/t (R4 216/t), Julie – $283,53/t (R4 141/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3%, of R120/t, tot R3 910/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 3,1%, of R130/t, tot R4 075/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 25,5%, of R795/t, duurder, terwyl geelmielies 23,9%, of R785/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mei – R3 943/t, Julie – R3 964/t. Verwagte geelmieliepryse: Mei – R4 126/t, Julie – R4 117/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 6%, of $24,19/t (R353,32/t), tot $382,62/t (R5 589/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 70,1%, of $157,64/t…