INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,1%, of $0,42/t (R6,49/t), tot $296,35/t (R4 581/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 10,4%, of $27,80/t (R429,75/t) hoër. Verwagte pryse: Julie – $304,40/t (R4 706/t), Desember – $283,61/t (R4 384/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,2%, of R7/t, tot R4 406/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,8%, of R34/t, tot R4 480/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 35,6%, of R1 156/t, duurder, terwyl geelmielies 32%, of R1 085/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Julie – R4 408/t, Desember – R4 558/t. Verwagte geelmieliepryse: Julie – R4 510/t, Desember – R4 661/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,8%, of $11,11/t (R171,75/t), tot $393,19/t (R6 078/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 57,2%, of…