INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,9%, of $8,64/t (R138,66/t), tot $304,99/t (R4 895/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 17%, of $44,21/t (R709,51/t) hoër. Verwagte pryse: Julie – $289,44/t (R4 645/t), Desember – $288,33/t (R4 627/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3,4%, of R149/t, tot R4 555/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 3,4%, of R151/t, tot R4 631/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 48,1%, of R1 480/t, duurder, terwyl geelmielies 44,3%, of R1 421/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Julie – R4 569/t, Desember – R4 736/t. Verwagte geelmieliepryse: Julie – R4 660/t, Desember – R4 827/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,2%, of $0,95/t (R15,25/t), tot $392,24/t (R6 295/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 60,7%, of…
