Die Roechama-Angusstoetery van die Malherbe-familie van Hertzogville is aangewys as die Teler van Kampioene (rooi Angus). Telers wat trofeë ontvang het, is (van links) mnre. Wilru Campher (Loumotta-stoetery, Ventersdorp), Piet Delport (Hide-A-Way’s, Migdol), Andrew Masterson (Milagro, Oesterbaai), Loutjie Campher (Loumotta-stoetery, Ventersdorp) en RC en Gert Malherbe (Graslaagte, Hertzogville).
In die afdeling vir die swart Angus is mnr. Andrew Masterson (naaslinks) se Milagro-stoetery as die Teler van Kampioene aangewys. By hom is, van links, mnre. Loutjie Campher, Seymour Currie (Joyce’s Angus, Melkbosstrand), Ruben Redelinghuys (Red Rubie-stoetery, Drie Riviere, Vereeniging), Philip de Waal (Locheim-stoetery, Moorreesburg) en Edmund Els (Rocky Ridge Ranch, Wes-Kaap).
Lede is vir hul bydrae tot die bedryf vereer. Van links is mnre. Basie Bezuidenhout wat namens die Vrystaatse Angusklub (Klub van die Jaar) opgetree het, Issie Liebenberg namens Martin…
