OM hoër opbrengste by sojabone te behaal, is dit die klein dingetjies wat uiteindelik die groot resultate lewer, meen die wêreldrekordhouer in sojaboonopbrengs. Eie kennis, eindelose plaasproewe voor jy begin om ’n produk te gebruik, en ’n stap-vir-stap-benadering wérk. En moet jou nooit teen rekords blind staar nie.
Die sesdegeslagboer van Kemp Mill, Maryland, Amerika, mnr. Chris Weaver, is baie vrygewig met die lys faktore wat hom die sojaboonwêreldrekord besorg het, maar hou vol alles begin by grondgesondheid. ’n Maklike begin was dit egter nie, en faktore teen hom was hoë soutvlakke, ’n lae pH, moeilike weerstoestande en pryse.
“In boerdery is ons geneig om nooit ons grond te herstel nie. Ons kyk nooit na die volgende stap wat ons kan doen om vooruit te boer nie. Opbrengs word nagejaag…
