INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,9%, of $2,37/t (R40,06/t), tot $258,93/t (R4 377/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 10%, of $23,23/t (R392,64/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $265,97/t (R4 496/t), Mei – $265,50/t (R4 488/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 5,6%, of R264/t, tot R4 481/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 2,1%, of R95/t, tot R4 480/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 23,8%, of R862/t, duurder, terwyl geelmielies 20,4%, of R760/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R4 423/t, Mei – R4 316/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R4 495/t, Mei – R4 399/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,3%, of $9,25/t (R156,35/t), tot $271,74/t (R4 595/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 2,5%, of $7,08/t (R119,67/t),…