Weidingsbestuur het ’n groot uitwerking op veldtoestand en die volhoubare gebruik van weidingsgebiede is boonop die belangrikste, goedkoopste bron van ruvoer.
Frits van Oudtshoorn, weidingkundige en private raadgewer, het op die jaarkongres van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) in Gauteng gesê ’n veeboer boer in werklikheid met gras, en diere is die fabriek wat die gras in vleis omsit. As hy dus vir sy veld sorg, het hy meer gras om meer diere aan te hou en meer geld te maak. Dit is hoekom veldbenutting, veral goeie, smaaklike gras se behoeftes, en rustye in aanmerking geneem moet word.
Van Oudtshoorn het gewys op die waardevolle lesse wat mense uit ekologiese prosesse kan leer, soos wildmigrasie, wat ’n lae vlak van selektiewe beweiding, kort tydperke van vertrapping en lang tye…
