10,9 miljoen ton
Die Regering raam Suid-Afrika en sy buurlande sal weens die droogte 10,9 ton voedsel moet invoer. Benewens 5 miljoen tot 6 miljoen ton mielies vir Suid-Afrika, sluit dié raming die behoeftes van Zimbabwe, Lesotho, Namibië, Swaziland en Botswana in, en ook produkte, soos soja en koring. Die Departement van Landbou het R305,3 miljoen toegewys vir droogtehulp en die Departement van Grondhervorming R66,4 miljoen.
100 000 jaar
Aardverwarming kan die aarde se volgende ystydperk met tot 100 000 jaar vertraag, luidens ’n verslag van die Potsdam-instituut vir klimaatsimpak-navorsing in Duitsland. Selfs sonder enige verdere toename in kweekhuisgasse is ’n volgende ystydperk onwaarskynlik vir die volgende 50 000 jaar. Selfs die huidige koolstofdioksiedvlakke kan gletserontwikkeling in die Noordelike Halfrond met tienduisende jare vertraag.
26%
Varkvleis-produksie in Rusland het in…