Tyd is moontlik ons kosbaarste hulpbron. “Ons verhouding met tyd bepaal die kwaliteit van ons verhoudings, geestesgesondheid, akademiese en loopbaansukses, en ons ervaring van welstand en sinvolheid op enige gegewe tydstip,” sê Kenneth Wilson, ’n voorligtingsielkundige en uitvoerende afrigter.
“Ek onderskei tussen vyf pilare van welstand: slaap, asemhaling, voeding, oefening en aandagtigheid (mindfulness). Effektiewe tydsbestuur is alleen moontlik as daar ’n sterk grondslag van welstand is.
“As hierdie vyf pilare van welstand in plek is, sal jy natuurlike immuniteit hê teen die verlammende uitwerking van chroniese stres en sodoende beter in staat wees om jou tyd en jou lewe goed te bestuur,” sê Kenneth.
Wanneer jy begin om hierdie pilare in jou lewe te implementeer, sal dit wees asof jy meer ure in ’n dag het en sal jy begin…