Renostervoëls is die natuur se antwoord op parasiete soos bosluise wat verskeie wildspesies teister. Renostervoëls vind gereeld ’n tuiste op diere soos renosters, seekoeie, buffels, kameelperde en ander wildspesies so klein soos rooibokke.
Tydens hulle rit op die gasheerdier, maak hulle korte mette met pestilensies soos bosluise en ander soortgelyke parasiete wat die lewe vir die dier moeilik maak.
Daar is twee spesies renostervoëls, naamlik die geelbekrenostervoël (Buphagus africanus) en die rooibekrenostervoël (Buphagus erythrorhynchus).
Renostervoëls kom voor in die bosveldgebiede van Limpopo en Mpumalanga, asook lande soos Zimbabwe, Botswana, Namibië en verder op in Oos- en Wes-Afrika.
HET JY GEWEET?
Dié grysbruin voëls kom net in Afrika voor en word verteenwoordig deur die rooibekrenostervoël (Buphagus erythrorhynchus), wat ‘n rooi snawel het, en die geelbekrenostervoël (Buphagus africanus), wat ‘n geel snawel…