Soos genoem in die Steyr Mannlicher-artikel wat op bladsy 12 verskyn, is dié geweer met Hornady se 300 grein DGX- (Dangerous Game eXpanding) ammunisie getoets. Ek het hierdie ammunisie al by verskeie geleenthede gebruik, insluitende ’n buffeljag, en die werkverrigting het my nog elke keer beïndruk. Die nuwe reeks DGX-koeëls is in 2018 bekendgestel.
’N MEERDOELIGE KOEËL VIR ALLE OMSTANDIGHEDE
Nie almal wat jag, herlaai noodwendig nie. Dis hier waar ’n betroubare, akkurate koeël, veral een wat oor onbetwisbare terminale vermoëns beskik, belangrik is. Eienaars van grootkalibergewere wat een handelsnaam se patrone gebruik, maak nie saak wat hulle gaan jag nie, verlang dus ’n patroon waarmee hulle in alle omstandighede sagtevel-wild asook buffels kan aanvat. Hornady se DGX is ’n “premium”-koeël, soos dit al etlike jare bekendstaan, en die loodkern…