In die gejaagde, moderne era waarin ons vandag lewe, is daar dikwels nie tyd vir die outydse nie, en, wil ’n mens sommer byvoeg, die regte manier van dinge doen nie. Om ’n holruggeryde cliché te gebruik, ons leef in ’n kits-era. Van kitskoffie, kitspoeding en kitskapokaartappels tot langlewemelk en klaarverwerkte en opgesnyde bevrore groente in die super-mark. Net reg vir koop, kook en geniet. Of somtyds sommer net vir koop en geniet. Jy hoef partykeer nie eers water by te voeg nie!
Ook in die onderrig en opvoeding van jong jagters het hierdie kitsmanier van dinge doen nie uitgebly nie. Waar ons met verloop van tyd deur die kettie-en-windgeweer-standerds, soos my oorlede pa daarna verwys het, moes vorder, het ons dikwels ’n paar standerds ge-spring en sommer met die…
