Die oorbietjie is ’n klein antiloop van die familie Bovidae wat al die herkouende soogdiere met gesplete hoewe bevat. Fossiele van oorbietjies, wat vanaf 2,6 miljoen jaar gelede tot tans gelewe het, is al in westelike, sentra-le, oostelike en Suidelike Afri- ka gevind. Die oorbietjies kon egter al lank voor daardie tyd bestaan het. Volgens kern- en mitochondriale DNS-analises is die oorbietjies ’n sustergroep van die dibitag, springbok, klein antilope, gaselle, dik-dikke, klipspringer, grysbokke en die steenbok.
Die lewende oorbietjies is klein antilope wat in oostelike, sentrale, westelike en Suidelike Afrika voorkom. Die Duitse dierkundige Eberhardt August Wilhelm von Zimmermann het die oorbietjie in 1783 vir die eerste keer wetenskaplik beskryf as Antilope ourebi op grond van ’n beskrywing daarvan deur die Switserse natuurkundige Jean Nicolas Sébastien Allamand, wat deur…