Vis en bone
’n Lekker ligte slaai-maaltyd, veral in die somer.
Genoeg vir 4 – 6
Verhit oond tot 200 °C. Plaas 16 klein rosa-tamaties op ’n bakplaat en sprinkel klein bietjie olyfolie oor. Oondbraai tot dit net begin oopbars. Dreineer 2 x 400 g-blikke botterbone en gooi in groot slaaibak. Voeg oondgebraaide tamaties, 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny, 1 geel soetrissie, in blokkies gesny, 1 rooi-ui, in dun skyfies gesny, hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap, 1 komkommer, in blokkies gesny, 100 g ontpitte swart olywe, 30 ml kappertjiesaad en 2 blikke tuna, gedreineer en gevlok, by en meng saam. Meng sap van 1 suurlemoen, 75 ml olyfolie, 1 fyngekapte knoffelhuisie en 30 ml gekapte pietersielie in ’n mengbakkie en gooi oor slaai. Garneer met parmesaankaas-skaafsels.
IN MY MANDJIE…
