122
Die ouderdom van (waarskynlik) die wêreld se oudste blikkie sjokolade. Dis in 1902 aan ’n skoolmeisie geskenk ter viering van die kroning van Edward VII, koningin Victoria se seun. Die lekkergoed, wat meer as ’n eeu onaangeraak gebly het, gaan nou op ’n veiling verkoop word.
Eers medisyne
Sowaar, ketchup, die soetsuur smaakmiddel, is in die negentiende eeu as medisyne gebruik. Apteke het dit in pilvorm verkoop vir toestande soos diarree, slegte spysvertering en ja, geelsug. Dit het eers in die laat 1800’s as smaakmiddel gewild geword.
Rooi, rooier
Geweet karmyn, ’n gewilde rooi voedselkleursel, word van “goggas” gemaak? Oftewel die skarlakenluis (cochenille), wat op kaktusse in Latyns-Amerika leef. Karmyn word by van jogurt en roomys tot vrugtepasteie, koeldrank, kolwyntjies en oliebolle gevoeg. Dit word ook in die skoonheidsbedryf gebruik,…
