Op 6 Julie 1949 het Afrikaanssprekende vroue van oor die land heen, selfs van die ou Suidwes en Rhodesië, vir die eerste keer kennisgemaak met die glansblad Sarie Marais.
Nasionale Pers (vandag Media24) se eerste volwaardige vrouetydskrif. Genoem na die alombekende volksliedjie, ja, en ’n “mooi ding”, soos die redakteur toe, Fred le Roux, gesê het.
Só het derduisende vroue in Suid-Afrika ook gedink, want sommer teen twaalfuur op daardie eerste dag het dit heeltemal uitverkoop, en in die weke en maande daarna is die tydskrif glo “vurig” deur lesers ingewag. Die Burger skryf: “Sarie Marais verower almal se hart.”
Ek’t lank gewonder waarom SARIE so vinnig harte gewen het. Die argiewe vertel ’n storie, talle tesisse het hul teorieë.
Maar ’n paar jaar gelede met SARIE se 70ste kry…
