LEES MEER OOR
● Die resepteboek● Die skrywers● Perfekte dhaltjies
MEER OOR die boek
Elkedag-kos soos kerries met skop, ingelegde vis en gesmoorde soesys, maar ook seekospaella, Krismispoedings, Labarang-feesdisse, Mavrou (van lamsvleis) vir ’n troutafel en ander ghrênd goed. Daarby kom die sweet en savoury waarmee Mzansi die lewe vier – bollas, snowballs, roti’s, samoesas, dhaltjies en nog vele verleidings. Ken jy nie van so ’n tuiskombuis nie, het jy dalk reeds ’n voorsmakie gekry in Tietie en Nanna se kwinkslae op Instagram en TikTok. Terwyl die potte prut, strooi die twee siezas so saam met die masala, dhanya, karamonk en jeera ook vrylik hul eie spices virrie lewe in. ’n Resepteboek waar memories en liefde saamsmelt, met elke roer van ’n pot.
Tietie se Nando’s-hoender
Nog een van Tietie…
