As kind het ek wegkruipertjie gespeel saam met kabouters in ons tuin, geluister hoe die feetjies oor die hekse wat in die plafon woon, skinder (daai huwelik was op die rotse van dag een af), weggehol vir spoke, lokvalle gestel vir die duiwel, en lekkers op strategiese plekke gelos om engele te probeer lok. Dit was ’n sirkus. ’n Avontuur. Ontsnapping. En enigiets was moontlik, daaroor het ek nie vir ’n oomblik getwyfel nie.
En toe word ek groot. Volwassenheid het skielik gearriveer – soos ’n Takealot-pakkie: altyd wanneer jy dit die minste verwag. Die feetjies is verban, die kabouters laat uitsit, die engele se lekkers met Banting snacks vervang, en die duiwel, turns out, bestuur eintlik jare lank al die sirkus.
Eendag tydens ’n grootmens-Zoom-meeting oor my grootmenstoekoms, tref…
