Dis ’n pleidooi, hulproep, gebed.
Om reën. ’n Bietjie genade vir ’n dorstige aarde.
Die reën wat voete sleep, saai paniek in somerreënvalstreke. Rekord-temperature maak almal meer prikkelbaar. Waternood bring ’n soort angstigheid, jy voel dit aan jou lyf, skryf Michélle van Breda, SARIE se redakteur, in haar Januarieredakteursbrief.
In die lug is die reuk van rook, die horingdroë gras speelplek vir vuur. Soos die eindtyd, merk iemand op.
Weerkundiges had geen troos nie. Geen of min vooruitsigte op goeie reën voor Februarie, selfs Maart vanjaar, is hul barre vooruitsig. Maar wat is die mens sonder hoop? Wit, swart, jonk en oud kom saam en vra dat die hemel die aarde moet seën. Op Twitter is die smeekroep #rainmustfall en #PrayForRain. John Robbie speel ’n stukkie Vediese reënmusiek op Talk…