Elke keer dat ek skryf of praat of preek of sing, maak ek onvermydelik ’n draai by my kinderjare. Daar was heelwat vervreemding, verwerping, eensaamheid en eentonigheid, maar ek was ook gereeld omring deur beskermengele en fantasie. En dít het my die lewe en die loopbaan gegee wat ek vandag het. Ek kan eerlik sê dat ek nog steeds na die wêreld kyk met groot oë, verstom en verwonderd, dat my verbeelding nog steeds op hol is, dat die realiteit my nog steeds bitter min interesseer en dat moontlikhede my nog staande hou.
Deesdae kyk ek gereeld na die kinders om my, peetkinders, familiekinders, vriende se kinders, behoeftige kinders. Jy kan sien wie floreer en wie verdwaal, wie blom en wie bloei, wie woel vooruit en wie stagneer, wie kry…
