Matroosstylbaadjie ( Reefer jacket )
Dra dié baadjie saam met ’n broek met ’n wyer snit, soos ’n culotte, en ’n paar hakskoene vir ’n selfversekerde, stylvolle voorkoms.
Vlootblou baadjie (R1 500), NEXT, aanlyn te koop by die SARIEwinkel by spree.co.za / sarie (SOEK Wool Blend Peacoat Navy). Wit hemp (R1 299), Habits. Vlootblou culotte met geruite patroon (R849,95), Jorge by South to South. Silwerkleurige hakskoene (R499), Zoom, aanlyn te koop by die SARIE-winkel by spree.co.za/sarie (SOEK Pointed Toe Stiletto Heels Silver). Vlootblou paisleypatroon-das (R269), River Island.
Oorgroot hemp
’n Moeitelose, sexy styl met ’n gevoel van geleen by die man in jou lewe.
Gestreepte oorgroot hemp van mengelstof met mandarynkraag (R999), Mango. Swart-en-kameelkleur wyerand-fedorahoed (R679), Topshop.
Lospassende broek
Ontspan in ’n oorgroot rolnektrui…
