Hierdie is ’n ou patroon, ’n paar weke in Europa, die verskil in klimaat, die onwilligheid om terug te keer na die werklikheid, die duisende kieme op vliegtuie en ’n uiteindelike siekbed. Dit het my jaarlikse wegkruip geword, ’n totale oorgee aan alles wat fout is, ’n volkome ineenstorting, die goeie dosis selfbejammering, die swakheid (meer in die kop as in die lyf, vermoed ek), die aandag van almal wat warm goed aandra. En die tonne simpatie.
’n Televisie in ’n slaapkamer is ’n groot euwel, van slegraak tot ontwrigting tot geskonde verhoudings tot versteurde slaappatrone tot rugprobleme tot die toelating van die wêreld in jou privaatheid. Maar tydens ’n siekbed kan dit vreugde bring, al die agterstallige rolprente, ’n paar goeie dokumentêre programme, ou reekse wat die nostalgie laat…
