Toneel 1: Dis laatmiddag, daar is ’n stoep met ’n welige prieel, ’n langerige houttafel en agt houtstoele, elkeen in ’n ander styl en kleur. Op die tafel is vars blomme, witwyn, rooiwyn, water, vrugtesap en glase. Om die tafel sit vier vrouens en vier mans, nie te oud, nie te jonk, almal informeel geklee. Een van die vrouens praat.
Nee, nee, milk thistle, jy kan nie daarsonder nie, vra vir Henry, al ons skete is weg.
Ons gebruik probiotics, dit het ons lewens verander, Stefan is ’n nuwe mens, sê ’n ander vrou.
Jou maag en jou kolon is die belangrikste, jy moet ’n kamera loop sluk, ek kan nie glo mense laat kyk nie na hul ingewande nie, sê die derde vrou.
Jy kan nou pille bestel, dis…
