As dit by toekennings en eerbewyse kom, kan min akteurs kers vashou by Cate Blanchett. Noem dit op, sy het dit gewen: Golden Globe-, Screen Actors Guild-, British Academy-toekennings, en vele meer. Boonop is sy die enigste Australiese aktrise tot dusver met twee Oscar-beeldjies op haar rak. Op 47 is Cate ’n ikoon wat harte steel voor die kamera én op die verhoog. Oor haar rol in 2009 as Blanche DuBois in die verhoogstuk A Streetcar Named Desire , het die bekroonde aktrise Meryl Streep gesê: “Ek het gedink ek ken die dialoog van die verhoogstuk omdat ek dit al so baie gesien het, maar ek het dit eers waarlik gesien toe ek haar [Cate se] toneelspel beleef het.”
Sterk, maar ook weerloos, diepdenkend, kompleks, natuurlik, elegant…
