’n Vrou het meer as een lewe. Drié om presies te wees.
Haar eerste lewe dra sy mos in haar handsak rond, almal weet dit. Haar tweede lewe is in haar beursie met allerhande strokies, kwitansies en lysies. Haar derde lewe is op haar selfoon. En met beursie en selfoon in haar handsak, raak dit ’n lewe binne ’n lewe binne ’n lewe.
Sonder haar selfoon is sy niks, al haar lewens is leeg.
Daardie foon is ’n horlosie, almanak, weervoorspeller, nuusbron, musiekmaker, stemopnemer, radio, sakrekenaar, adres-opspoorder, bankier, speletjie-speler, boodskapper, organiseerder, wekker, kamera, videograaf en ’n flitslig vir as sy nie in die donker oor iets wil val nie. Ensovoorts.
Dis vol toepaslike toepassings en hou haar in verbinding met vriende en vriendinne en die res van die wêreld. Sy’t…
