So tradisioneel soos biltong, boerebeskuit en witblits skrywer Hazel Crampton Marijuana, kannabis, hasjisj, hemp, pot, grass, ganja, bhang, ganga, zol, weed. Dagga. Rook, drink of eet dit.
Dit smaak so lekker want dit laat jou so lekker vóél: eufories, ontspanne, plesierig, alle inhibisies vergete. Dis ook van die eerste plante wat as medisyne gebruik is, sowat 5 000 jaar gelede.
Deesdae is dit egter in baie lande onwettig omdat dit verslawend is.
Lank gelede was dit plaaslik so tradisioneel soos biltong, boerebeskuit en witblits, volgens Hazel Crampton in Dagga: A Short History ( Jacana, 2015). Dit het Jan van Riebeeck gefassineer, sendelinge het dit lof toegeswaai en dit was ’n gunsteling-sundowner die eerste kwart van die vorige eeu.
Jan van Riebeeck skryf in 1658 in sy joernaal van ’n suidelike…
