Wanneer Schalk Burger op die rugbyveld uitdraf, vir die Springbokke of die Stormers, weet die spelers en toeskouers: Hier kom ’n ding. Die witkop-flank grawe die bal uit losskrums, maal en duik verwoed. Hy bars soos ’n stootskraper deur ’n muur van verdedigers. Sy wenkbroue en wange, sy mond vertrek tot ’n onverskrokke verbetenheid. Niks stuit hom nie.
Maar net meer as twee jaar gelede het hy van die veld af ’n stryd gevoer wat medici en sy geliefdes laat vrees het hulle kon hom verloor. Hy het om sy lewe geveg.
Kort voor sy dertigste verjaardag, in die dodelikste fase van bakteriële breinvliesontsteking (meningitis), het die 1,93 meter lange Skalla, soos vriende hom noem, vyf dae lank in ’n bondeltjie gelê, in stuiptrekkings, nat van koors. Hy kon nie…
